Ek will so graag dig, skryf,

maar jy verwar, maak my gedagtes sommer stomp!

Ek will my emosies neer pen, iets wat my dryf,

maar ek kry nie rigting , my woorde is lomp!

 

Jy het beslis iets daarmee te doen!

Jy het skielik verskyn;  asof uit die niet!

Moet ek my nou daarmee versoen

en net jou nabyheid, warmte geniet?

 

Maar ek en jy, hoe lank sal dit bly

voordat jy, soos al die ander,

my weer verlaat omdat jy swaar kry

om my vas te hou, my wese te anker..

 

Keuses on the maak met elke verhaal.

Sou ek dit skryf of beleef..

Met elke keuse ‘n prys om the betaal

waarna ek ookal sou hunker of streef

 

 

Please share