Onverwags kom daar weer liefde en hoop
na smart, die lewe se salwende trosie..
Van alle verweer, selfbehoud gestroop
is hulle naak, vol huiwerende emosie.
Bloot gestel aan vars blydskap, dalk pyn..
Aanhoudende hunkering na daardie een..
Sy naam word ‘n woordlose refrein
in jou wese,.. laat jou lag, Dan weer ween.
Almal soek dit, wil dit so graag besit,
daardie een ding wat goud nie kan koop..
Dit hernu, verander alles bo almal se
begrip..
In goedheid, guns sal nuwe liefde gedei
en niemand sal hulle ooit daaruit verlei..