Dis weereens ‘n splinternuwe jaar.
Soos spierwit, skoon bladsye
wat ons almal in die gesig staar.
Dit sal ons hul weldrae vinnig vol skrywe.
Elk se storie lyk, vertel so anders.
Elke bladsy kry ‘n ander kleur
vol beweging, rusteloos soos branders
is die tyd wat ons eindeloos meesleur.
Pienk, pers, miskien groen of blou,
so bepaal as wat die tyd voorspel..
Van die stories helder ander grou!
Terwyl die abekus tyd vinniger aftel.
Vir party is 2023 ‘n jaar van pret op papier!
Vir die res meer erns en swoeg bestuur.