my gemoed loop oor van smart..
Ek is die eensame gevangene
van die alleen stap op die laaste stuk pad
My uurglas loop elke dag sneller leeg.
Hoop is min , geen tyd vir ‘n nuwe begin..
En tog , met elke dagbreek bly ek beweeg ,
wil steeds nie opgee , al maak dit nie sin..
Die hunkering bly onverpoosd knaag ,
smagtend na iemand , ‘n maat , aan my sy.
Hierdie foltering , onsigbare mag wat my jaag ,
selfs in diepe slaap nodelose om te vermy..
As ek tog net aanvaarding kan kan kry !
Rustig wag op God se eindplan vir my !