Woorde
Ek wandel in die wereld van woorde,
dwaal in ‘n ander droom dimensie..
Soos die komponis in ademlose akoorde
van ‘n nuwe magiese melodie…
Die gewone gegons, aanhoudende gedruis
van die daaglikse , skynbaar doellose lewe
wat skoonheid in siel stelselmatig vergruis,
die skeppende siel angstig laat bewe!-
In die ruimte weg van die  genadelose alledaagse,
is daar koel , kalmte teenoor bruisende opwinding!
Altoos besig om te ontwerp , skep , vorm geen skaarsste
aan inspirasie, verstommende begeestering!
Tog die gevaar:Ek kan dalk totaal in die dimensie verdwyn!
Nooit were in die land van geliefde verskyn!

Please share