Die ure , dae, weke loop naatloos inmekaar..
Al word dit steeds woedend warm,
is die somer , soel aande ongetwyfeld klaar..
Later lig word, vroeg skemer, die eerste alarm
van nog ‘n najaar, nog ‘n wrede winter..
Hier en daar val ‘n goudgeel, rooi, bruin blaar..
Die helder blomme word eensklaps al hoe minder..
Die plante, gras nog groen , dis wel waar..
Tog kruip ‘n vae hartseer, nostalgie nader,
nodeloos om te probeer keer.
Die uurglas het sy spoed , die sand vergader
na onder elke sestig minute, weer en weer!
Tyd is abstrak, soos seisoene snel verby
onherroeplik, om nooit weer terug te kry..

Please share