Ek worstel wroegend deur die donker mag
met skimme, spoke sonder naam van weleer.
Vormlose, folterende figure vervaag met tekens van drag..
Bring vreeslose vrede, al wat ek begeer..
O, ek weet die spoke kom weer en weer!
Die verligting opgesluit met die dalende aand
is kortstondig, gemeet aan die ure daglig, niks meer..
Duisternis huiwer dreigend, onsigbare verraad!
Die talmende hoop, trietsige troos
Vir die siel, gebuk onder hierdie smaad,
is die verloop van tyd, herstel van hart, soos
die bou van ‘n sterk, staal muur daarom,
en jou hart, jou siel, sal die pyn oorkom!

Please share