Die sonde soek my op
hoe ek ookal beur en veg…
Dit wil maar net nie stop!
Al probeer ek, kruip krimpend weg..
Soos ‘n skilpad skuil in sy harde dop
het ek my ook doelbewus onttrek
van alles, almal wat my hart, my kop
uit lok na die donker plesier, bose plek
waar sonde skelmin sy web ontpop
met sy gladde sjarme,valse vrolikheid
laat dit my verraderlike hart vinniger klop!
Waar is my oppervlakige, onbetroubare, feilbare wysheid?
O my God, weereens moet ek snikkend smeek: vergewe my!
Kan ek steeds na alles U onverdiende Genade’ Vergifnis kry?

Nota:Ons land is “vry”, maar so is ook die Bose! Ons moet harder as ooit teen
die onsigbare vyand veg! Klou vas aan God en Sy Waardes’, anders gaan ons volk heeltemal opgeslurp word in die maalkolk
van die gejaag na goed, sinnelose plesier, status!

Please share