In die verte blaf ‘n eensame hond.
Die vuur knetter verbete om die potte.
In die ooste lig rosige morestond.
Nagwaak is verby,van korte
duur,dis nog soel,laat somer..
Die eerste sonstrale breek vroeg deur
die rook wat verstikkend hang, verower
die duister met warm goue kleur..
Vroue, wakers, staan op met hul komberse
Stook die vuur,roer die kospotte vol geur..
Party sing, ander prewel, is dit Bybel verse?
Smart is byna tasbaar, hulle almal treur.
Vandag word die oorledene eerbiedig begrawe,
gestuur na voorvaders deur familie en gade..