Dit is soos ‘ knaende kanker
wat my van binne begin opvreet..
Ons was maar altyd, soveel jare ,mekaar she banker..
Maar nou dobber ek doelloos na waar, wie sal west?
My hart is soos ‘n bonsende bal, kan nie ritme vind.
Sy her haar were ontrek, het sy my oplaas vergeet?
How kan dit wees,sy is dan my kosbare kind?
‘n Geskenk van God ten spyte van al die lyding en leed..
Sy het soos ‘n stralende nuwe dag gekom..
My hart, my hele wese oombliklik gevul met haar betowering!
Sy is/ was ‘n sonkind,’n wasige, eksotiese blom
wat almal laat swig met haar eindelose verowering..
Maar in elke mens is daar ‘n +en ‘n -,dis die som
en in my lieflike meisiekind,’n onberekenbare tydbom!