In die koelte van my kamer
waar ek kan dink, droom wat ek wil
sonder die aanhoudende aanvalle wat hamer
teen my brein wat graag in kalmte verstil…
Weg van die doellose gedoem doem,
oorverdowende Afrika musiek, toonlose tromme
en sinnelose stemme wat zoem zoem!!
Stampe stote word ploffende ballonne!!
Weet nie wat anders om dit te noem..
Skril stemme laat my inkrimp asof in pyn..
Die skree-lag van vroue, behoorlik barbaars
sonder die vroulikheid wat ons gewoonlik verfyn..
Niks meer as ‘n aaklige geraas!!
So in my koel kamer kan ek ontvlug
sonder om te voel ek gaan iemand woedend wurg!!