Hoekom doen julle, mans dit,

en dit gebeur aanhoudend keer op keer!

Is  elke man bang ek wil op sy kop sit

terwyl hy my net wil tem en dan beheer!

Gewoonlik weet ek, sien ek gou.

Die oog en lyf praat dieselfde taal

en se: Ek wil jou besit, begeer jou..

My vrouwees flikker verraderlik dis fataal..!

Oerdrange vlam vraatsig, vinnig binne..

Maar wat van my hart, my honger siel?

My verstand ruk my gebiedend tot sinne!!

Gaan hierdie jagter my ook verniel!

Dan plotseling, pynlik die verlammende vrees..

Adrenelien laat my vlug, ek wil veilig wees!..

Please share