My lewe is nou ‘n lang grys gang
vol skadu’s met blertse hier en daar..
Soms oorweldig die gevoel my, ‘n dringende drang
om blindelings te vlug, maar hoe en na waar?
Daar is, ek wis nie hoeveel, deure
aan die een kant. Ek dink hulle lei
na buite, ontsnapping, helaas weens gebeure
lank gelede, miskien ook onlangs, sal, dit geslote bly..
Die sleutels is verlore, het spoorloos verdwyn!
Gemaak van donker, swaar soliede hout,
party met loodglas panele, die mooiste grein..
Die strepies , kolle lig is my enigste behoud…
Ek weet, dit is besig om te vevaag tot nag
en as die donker oorneem, sal ek nie meer wag..
Nota: Die meeste van ons, ek weet ek het, ons ganse lewens gewag op iets beters, wonderliker
as waar ons tans is.. maar daar kom met die ouderdom ‘n tyd wanneer die keuses ( die deure )
opraak (die verlore sleutels ) en slegs die dood kan ons na die Lig lei… Aardse geluk is verby..