Twee mense en ‘n hond:
Die hond is groot en swart ,
die mense albei beeldskoon , blond.
Hul hou ‘n groot deel van my moederhart..
‘n Fotoprentjie van lank gelede ,
dit leef voort in my onthou soms so verward..
Tog , ‘n kalm koelte in ‘n ontstuimige verlede
vol sparteling , nodelose smart..
Daardie tuin , plek , die figure , sonnige somerdag..
Vula , dierbare , geliefde hond ,
die twee meisiemense , so vol vreugde en prag
bring verlange , stuwing in ‘ n ou wond :
Samevatting van blydskap , hartseer en pyn
wat slegs , of nie , met die dood sal verdwyn!