Ek wis dis beslis net ‘n vreemde droom..
Swewend tussen los wit wolke..
Woasige ballsoos verleidelike,geklopte room.
Die hemel skoon blou,sonstrale suiwer,flitsende
silwer dolke.
Een vir een verander,vorm die balle
wolke gesigte van bekendes,’n geliefde..
Maar dan rafel die gesig, verdwyn,vervalle
soos fyn flenters watte tot strepe slierte..
,n Sagte bal word nou jou gelaat,
nes wanneer jy rustig eenkant sit..
Maar dan begin jy ook die groep verlaat,
Ek probeer jou roep,begin bewend bid!
Vergeefs,jy is ook net weg.
En my droom, leeg, Allen, desperaat
Te laat, jy het ook vervaag-
My droom word nou donker,’n gebroke geklaag…
Nota| Ek het hierdie gedig gskryf net nadat ek wakker geword het, was bang ek sou dit vergeet… Maar ek onthou dit steeds met heimwee..