Donker woorde bring donker wolke
in my pynlik, gemartelde gemoed..
Dit is soos vlymskerp, vurige dolke
wat my binneste oopvlek, wonde vol bloed..
Niemand ken werklik ‘n ander se verlede,
verstaan van al die pyn , ontnugtering..
Soms sukkel die siel altyd sonder vrede,
geslote, vol verlange, voortdurend die vlugteling!
Die rofie bly dun, die letsels te diep
vir die buitewereld om te sien of verstaan..
So strompel ek voort, bly besig, in ander verdiep..
Totdat iemand onbewus,argeloos my weer plat slaan!
Met ‘n enkele gebaar of kwetsende, donker woorde
uit onvewagte, gekende of vreemde oorde!

Please share