Meeste mense beweeg in nou, reguit straatjies,

prisoniers van die dodelike, daaglikse sleur.

Soms is dit deeglike, goed beplande paadjies.

Meestal het dit egter onwillekeurig gebeur..

So dikwels word hierdie deurdagte, of nie, lewenskaart

‘n diep teleurstelling, eindlose foltergang..

Die plan, droom is vervul, maar daar is ‘ n swaard :

Dodelike verveling, wat gevaarlik hang!

Wat is die rede , verduideliking vir die pyniging

wat in stille stryd altyd verduur moet word?

Hoekom die voortdurende, verpletterende lyding?

Alles is daar, elke droom vervul, wat skort?

So strompel hulle elke dag in die gangetjie.

Vasgevang, elkeen in sy eie plannetjie..

 

 

 

 

 

Please share