Soel, sonnige somerdae gly naatloos inmekaar
Vroeg lig, vars dagbreek groete met skone prag.
Uitbundige voelgesang: maats roep mekaar..
Vreugdevol; elkeen gereed vir die nuwe dag..
Karmosyn en roospienk kleur die oostelike horison..
‘n Briesie beweeg speels deur die gul, groen, gras.
My hart loop oor, sou sing as ek kon,
van die blou, goud, groen, vele kleure kontras..
Die somersdag se pas versnel vinnig
met al die skoonheid steeds net een doel:
elke lewende wese beur voort, streef innig na oorlewing..
Eers vroegaand, na die dag se ergste hitte,
kom rus saam met skadus , koelte en stilte..